×
000

Die o.15 A-krieketspan het Saterdag tuis teen Hoërskool Bellville gespeel. Bellville wen die loot en stuur ons eerste in om te gaan kolf.
Ons het ‘n baie moeilike begin en verloor die eerste 2 paaltjies binne die eerste 5 boulbeurte.
Die span herstel egter baie goed en teken toe 277/10 aan. Die beste kolwer was Christiaan Strydom met ‘n ongelooflike 144 lopies.

Bellville maak die wedstryd vir ons moeilik, maar ons boulers gee nie op nie en Bellville word uitgeboul vir 220 lopies. Die beste bouler was Sias du Toit met 4 paaltjies vir slegs 16 lopies.

Drostdy wen die wedstryd met 57 lopies.

Die o.19 A-span het ook teen Hoërskool Bellville gespeel en verloor ongelukkig die wedstryd met 2 paaltjies. Ons sien uit na die wedstryde wat die week voorlê.