×
000

HJS wen die loot en besluit om eerste te kolf. Drostdy doen goeie werk om hulle lopies te beperk. Hulle eindig op 129/9 in hul toegelate 20 beurte. Jaco Nortje en Cobus de Villiers neem elk 3 paaltjies.

Op antwoord is Drostdy dadelik op die agtervoet. Jaco Nortje (29) en Francois Pienaar (15) se bydrae help ons uiteindelik tot ‘n totaal van 82 lopies.

Drostdy verloor ongelukkig die wedstryd met 47 lopies.

Die o.15 A’s speel ook teen HJS Paarl en verloor hul wedstryd na ‘n baie goeie begin ongelukkig met 36 lopies.