×
000

Die eerste krieketspan het Saterdag, 30 Oktober weg teen Hoërskool Strand gespeel. Strand wen die loot en besluit om eerste te kolf. Hulle word uitgeboul vir 152 lopies. Jurie du Toit neem 6 paaltjies en staan slegs 26 lopies in 8 beurte af.

Drostdy gaan in en teken die wenlopies in die 26ste boulbeurt aan. Weum Rabie (34*) en Gerhard Burger (22) was die beste kolwers. Drostdy wen die wedstryd met 4 paaltjies.

Baie geluk en sterkte met die week wat voorlê se wedstryde.