×
000

Nadat Drostdy die loot verloor en ingestuur word om te kolf, gee Millo Camara en Hein Louw ons die perfekte begin met ‘n vennootskap van 102 lopies om die eerste paaltjie. Hein word uiteindelik uitgevang vir 70 (37). Kobie van der Merwe 20 (14) en Corné Esterhuizen 19 (17) hou ook die telbord aan die rol met ‘n vennootskap van 38 (23) om die sesde paaltjie. Ons behaal uiteindelik 163/5 in 20 boulbeurte.

Die boulers is van meet af baie meer gedissiplineerd. Kian Bester staan uit met sy syfers van 4/8 in 4 beurte. Hein Louw (1/11 in 4 beurte) en Regardt du Plessis (0/6 in 4 beurte) bied ook goeie ondersteuning. Swellendam word uiteindelik beperk tot 60/7 in hul 20 beurte.

Ons wen die wedstryd met 103 lopies. Baie geluk, ons is trots op julle!