×
000
Die o.19 A-span het Dinsdag tuis teen Paarl Gimnasium gespeel. Drostdy wen die loot en besluit om eerste te kolf. Ons word uiteindelik uitgeboul vir 108 lopies. Eugene Labuschange teken 41 lopies aan.
In antwoord teken Paarl Gimnasuim die wenlopies in die 18de beurt aan met slegs 2 paaltjies plat.
Die wedstryd is in goeie gees gespeel met beide spanne wat goeie krieket gespeel het.
Paarl Gimnasuim wen die wedstryd met 8 paaltjies.
Die span het ook Saterdag teen Boland Landbou gespeel waar ons ongelukkig die wedstryd met 60 lopies verloor.
Baie sterkte met julle voorbereiding vir die naweek se wedstryd teen Worcester Gimnasium.