×
000

Na ‘n swak begin met te veel wydlopers, kom die boulers goed terug in die middelbeurte en beperk Paarl Gimnasium tot 88/9 in hul 20 boulbeurte. Die beste bouler was Regardt du Plessis met ‘n puik ontleding van 3/6 in 4 boulbeurte. Hy word mooi bygestaan deur Hein Louw met 1/11 in 4 boulbeurte.

Drostdy se onoordeelkundige hou-seleksie lei daartoe dat daar gereeld paaltjies val en dat daar gereeld nuwe kolwers voor die paaltjies is. Alhoewel Drostdy altyd voor die verlangde lopies per boulbeurt was, word ons uitgeboul vir 77. Die beste kolwer was Corné Esterhuizen met 19 (32).

Drostdy verloor die wedstryd met 11 lopies. Baie sterkte met julle wedstryd teen Swellendam wat Donderdag tuis gespeel word.