×
000

Ons o.19 B-span het vandag teen die o.19 C’s van Boland Landbou gespeel. Drostdy wen die loot en besluit om eerste te boul. Boland Landbou word in die 11de boulbeurt vir 23 lopies uitgeboul.

Ons beste bouler is Millo Camara 4/2 in 1.4 boulbeurte. Keithan Ockers, Philip Snyman en Helgardt Nortjé deel die ander ses paaltjies met twee elk.

Drostdy teken die verlangde 24 lopies in die 6de boulbeurt aan sonder die verlies van ‘n paaltjie.

Ons beste kolwers was Millo Camara met 7* en Helgardt Nortjé met 12*

Drostdy wen die wedstryd met 10 paaltjies.