×
000

Die o.19 A-krieketspan het ook die naweek teen Hoërskool De Villiers Graaff te staan gekom. DVG wen die loot en besluit om eerste te boul.

Drostdy word in die 49ste boulbeurt uitgeboul met 245 lopies op die bord. Gerhard Burger teken 99 lopies aan. Jacques Jordaan (32), Francois Pienaar (23) en Luke Bock (22) het ook goeie bydrae gelewer.

In antwoord word De Villiers Graaff vir 131 lopies uitgeboul. Jurie du Toit neem 4 paaltjies.

Drostdy wen die wedstryd met 114 lopies.

Ons is baie opgewonde oor die 1ste kwartaal se krieket wat so opwindend begin het.