×
000

Die eerste XI het vandag teen die Worcester HUB te staan gekom. Drostdy wen die loot en besluit om eerste te kolf. Ons teken 140 lopies in die toegelate 20 beurte aan. Luke Bock was die beste kolwer met 40 lopies.

Drostdy boul Worcester HUB vir 65 lopies uit. Darius Venter neem 3 paaltjies.

Drostdy wen die wedstryd met 75 lopies. Baie geluk aan al ons krieketspelers wat werklik uitstekend vaar in hul wedstryde. Ons is baie trots op elkeen van julle.