×
000
Die o.19 A’s het Dinsdag teen Hoërskool Swartland gespeel. Ons wen die loot en besluit om eerste te kolf. Drostdy teken ‘n allemintige 194 vir 5 in hul 20 beurte aan. Eugene Labuschange teken 98 lopies aan. Hy word mooi bygestaan deur Kian Fourie (33) en Jaco Nortje (29).
In antwoord word Swartland vir 72 lopies uitgeboul. Jaco Nortje neem 3 paaltjies en staan slegs 4 lopies af. Gerhard Burger en Cobus de Villiers neem elk ook 2 paaltjies.
Drostdy wen die wedstryd met 122 lopies. Baie geluk! Die o.15 A’s het ook hul wedstryd teen Swartland gewen.