×
000

Die eerstespan het Saterdag, 6 November hul kwartaal op ‘n hoogtepunt afgesluit. Hulle het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Drostdy word uitgeboul vir 158 lopies. Eugene Labuschange (42) en Gerhard Burger (39) was die beste kolwers.

HS Hermanus word in hulle beurt uitgeboul vir 53 lopies. Jaco Nortjé neem 3 paaltjies. Cobus de Villiers, Gerhard Burger en Francois Pienaar neem ook elkeen 2 paaltjies.

Drostdy wen die wedstryd met 105 lopies. Baie geluk, ons sien uit na die 2022-seisoen!