×
000

Die o.19 A’s het Saterdag tuis teen Hermanus kragte gemeet. Hermanus wen die loot en besluit om eerste te kolf. Ons boulers was egter in ‘n verwoestende bui. Jaco Nortjé neem 5 paaltjies en staan slegs 6 lopies af. Gerhard Burger neem 4 paaltjies en staan slegs 1 lopie af. Hermanus word uitgeboul vir 47 lopies.

In antwoord verloor Drostdy slegs een paaltjie voordat hulle die wenlopies aanteken. Kian Fourie (17*) en Eugene Labuschange (10) was die beste kolwers.

Drostdy wen die wedstryd met 9 paaltjies. Baie geluk aan elke krieketspeler – ons is baie trots op julle.