×
000

Op 8 Februarie was dit ‘n besige krieketdag! Die o.15 B’s het gister teen Charlie Hofmeyr gespeel
Drostdy verloor ongelukkig die loot en word ingestuur om te kolf. Ons teken 124/7 in die toegelate 20 beurte aan.

Die beste kolwers was Alvino Witbooi met 22 van 32 balle en Juann Janse van Vuuren met 20 van 16 balle.

Drostdy se boulwerk was warmer as die dag self en ons boul vir Charlie Hofmeyr in die 12de boulbeurt vir 54 lopies uit. Ons beste boulers was Alvino Witbooi met 2 paaltjies vir 7 lopies, Jean de Villiers met 3 paaltjies vir 6 lopies en Ivahn Peters met 2 paaltjies vir 1 lopie.

Drostdy wen die wedstryd met 70 lopies. Baie geluk!