×
000
Die o.15 A-krieketspan het Saterdag tuis teen De Villiers Graaff gespeel en die nuwe jaar op ‘n baie hoë noot afgeskop. DVG wen die loot en besluit om eerste boul. Drostdy teken ‘n baie goeie telling van 289 almal uit aan.
Die beste kolwers was Christiaan Strydom met 102 lopies en Logan November met 40 lopies van slegs 14 balle.
Drostdy boul pp sy beurt vir DVG uit slegs vir 36 lopies. Die beste bouler was Sias du Toit met 3 paaltjies vir 6 lopies.
Drostdy wen die wedstryd met 253 lopies.