×
000

Die o.15 A-krieketspan het tuis teen Hoërskool Strand te staan gekom. Drostdy wen die loot en besluit om eerste te kolf. Die manne teken ‘n pragtige telling van 371/4 aan in 50 beurte. Die beste kolwer was Jacques Jordaan met n uitstekende 156 lopies. Christiaan Strydom teken 88 lopies van slegs 68 balle aan. Hulle deel ook ‘n vennootskap van 184 lopies van 120 balle. Jacques Jordaan en Gerhard le Roux deel ook ‘n baie goeie vennootskap van 127 lopies.

Strand word uitgeboul vir slegs 88 lopies.
Die beste boulers was Regardt du Plessis met 5 paaltjies vir 22 lopies en Christiaan Strydom met 3 paaltjies vir 13 lopies.

Drostdy wen die wedstryd met 283 lopies.

Baie geluk, ons is besonder trots op elkeen van julle!