×
000
Die o.15 A’s het vandag teen Hoërskool Hermanus te staan gekom. Drostdy wen die loot en besluit om eerste te boul. Ons boulers was aan-die-brand en boul Hermanus uit vir slegs 43 lopies. Morné-John Roos neem 5 paaltjies vir 8 lopies.
Drostdy teken die wen lopies aan binne 8 boulbeurte. Die beste kolwers was Helgardt Nortje met 17 lopies en Christiaan Strydom met 14 lopies.
Drostdy wen die wedstryd met 9 paaltjies. Baie geluk met die mooi oorwinning.