×
000

Die o.15’s het Saterdag, 6 November weg teen Charlie Hofmeyr gespeel. Charlie Hofmeyr het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle word uitgeboul vir 142 lopies. Die beste boulers was Helgardt Nortjé met 4 paaltjies vir 28 lopies en Christiaan Strydom met 2 paaltjies vir 8 lopies.

Drostdy bevind hulself in groot moeilikheid vroeg in hul kolfbeurt met 8/3. Jacques Jordaan en Ruvan Barnard het egter ‘n goeie vennootskap begin bou en het saam 129 lopies aangeteken – Jacques met 63 en Ruvan met 48*. Drostdy teken die wen lopies in die 25ste boulbeurt aan en wen die wedstryd met 6 paaltjies.

Baie geluk aan die span wat die kwartaal op so ‘n lekker hoogtepunt afgesluit het.