×
000

Die meisies het op 9 Februarie teen Montagu gespeel. Drostdy verloor die loot en word ingestuur om eerste te boul. Montagu teken 97/4 in hul 20 beurte aan. Die beste bouler is Mienke le Roux wat in haar 4 beurte slegs 7 lopies afstaan.

Drostdy gaan in om te kolf en teken die wenlopies in die 14de boulbeurt aan. Ons beste kolwer was Aneldi Nieuwoudt met 46* lopies – onder andere agt 4’e en een 6.

Drostdy wen die wedstryd met 4 paaltjies. Baie geluk, meisies!