×
000

Ons dogters het vandag teen Hoërskool Robertson gespeel. Roberston wen die loot en besluit om eerste te boul. Drostdy teken 130 lopies aan. Die beste kolwers was Aneldi Nieuwoudt met 32*, Anneke Swannepoel met 24 lopies van 18 balle en Lee-Ann van der Westhuizen met 21 lopies van 23 balle.

Drostdy boul vir Robertson uit vir 45 lopies. Die beste bouler was Nikki Daffiet – sy neem 3 paaltjies in 3 boulbeurte en staan slegs 4 lopies af. Imke Preuss staan in 4 boulbeurte 15 lopies af en neem 3 paaltjies.

Drostdy wen die wedstryd met 85 lopies. Baie geluk aan ons dogters en hul afrigters.