×
000
Na afloop van die heel eerste wedstryde om die De Lange trofee tussen Drostdy en Worcester Gimnasium is dit lekker om die uitslae met julle te deel.
O.19 A
Drostdy wen die loot en besluit om eerste te boul. Worcester Gimnasuim word uitgeboul vir 150 lopies. Gerhard Burger, Ruvan Barnard en Jean Mouton neem elk 2 paaltjies.
Drostdy word bietjie onderdruk geplaas en is ongelukkig gou op die agtervoet. Maar ‘n goeie vennootskap deur Jurie du Toit (33*) en Cobus de Villiers (20*) help Drostdy om die wenlopies in die 40ste beurt aan te teken.
Drostdy wen die wedstryd met 3 paaltjies.
O.15 A
Drostdy wen die loot en besluit om eerste te kolf. Ons teken 184 lopies almal uit aan. Die beste kolwer was Christiaan Strydom met 89 lopies. Christiaan Strydom beleef ‘n goeie seisoen sover met twee 50-talle en twee 100-talle.
Worcester Gimnasium word uitgeboul vir 88 lopies. Die beste bouler was Bryan Cochrane met 4 paaltjies vir 27 lopies in 9 boulbeurte.
Drostdy wen die wedstryd met 96 lopies.
Die eerste twee name wat op die De Lange trofee sal verskyn, is dus Dawie de Lange.
Baie dankie aan al die ondersteuners wat die dag nog meer spesiaal gemaak het.