×
000
Dinsdag, 19 Oktober, het die o.19B-krieketspan tuis teen Montagu gespeel. Montagu kolf eerste en word uitgeboul vir 49 lopies. Darius Venter neem 4 paaltjies en staan slegs 12 lopies af. Drostdy teken die wenlopies aan met 5 paaltjies plat. Ons wen die wedstryd met 5 paaltjies.
Donderdag, 21 Oktober het die o.15B’s, o.19B’s en dogters almal wedstryde gespeel. Ongelukkig het die o.15B’s se wedstryd teen Robertson uitgereën en kon hulle nie die wedstryd klaarmaak nie.
Die o.19B’s het teen Charlie Hofmeyr gespeel. Drostdy kolf eerste. Ons teken 134 vir 6 aan. As openingskolwer teken Millo Camara 61 lopies nie uit nie aan. Darius Venter teken 47 lopies aan. In antwoord word Charlie Hofmeyr uitgeboul vir 90 lopies. Hein Louw neem 4 paaltjies en staan slegs 11 lopies af. Drostdy wen die wedstryd met 44 lopies.
Die dogters het tuis teen Worcester HUB gespeel. Drostdy boul eerste en boul die HUB uit vir 56 lopies. Nikki Dafiet neem 2 paaltjies. Drostdy teken die wen lopies aan met slegs 3 paaltjies plat. Imke Preuss teken 11 lopies aan. Die dogters wen die wedstryd met 7 paaltjies.
Baie geluk aan al die spanne met hul mooi oorwinnings. Baie sterkte vir die week se wedstryde.