×
000
Die Wilgers (onderwysers) en Latte (matriekkrieketspelers) het mekaar Donderdag weer vir die 4de keer aangevat. Soos die tradisie vereis, het die Wilgers die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Die Wilgers het vroeg uit die blokke gespring en het pragtige aanvallende krieket gespeel. Mnr. Ruben de Manielle was in verwoestende bui en word uiteindelik vir 47 lopies uitgeboul. Bydrae deur mnre. Gerhard Raal (31), Andri Marais (16) en Armand Swart (15*) het beteken dat die Wilgers hul kolfbeurt op 177 kon afsluit.
In antwoord het die Latte gewys waarom ouderdom op so ‘n dag belangrik is. Verbroude vangskote en stadige veldwerkers het beteken dat die Latte die totaal met gemak verbygesteek het. Gerhard Burger (29*) en Jurie du Toit (21*) was die beste kolwers.
Die Latte wen die wedstryd met 5 paaltjies.