×
000
Die Koperblaasorkes het Woensdagaand, 1 September vir die eerste keer in omtrent twee jaar saam op die verhoog gesit vir ‘n optrede en dit vir niks minder as die Worcester Eisteddfod wat by Drostdy aangebied is. Die beoordelaar, mnr. Philippus Hugo, het gesê hy sukkel om genoeg verskillende maniere te kry om te beskryf hoe mooi dit vir hom was en het mnr. Ras en mev. Krige geloof vir die hoë standaard wat hulle steeds handhaaf, ten spyte van die buitengewone omstandighede.
Daarmee saam het hy die orkes beloon met ‘n gemiddeld van 95% vir hulle drie stukke wat vir hulle ‘n medalje in die sakkie bring. Gaan kyk gerus op Instagram na ‘n kort opname van een van hul stukke.
Baie geluk, ons is baie trots op elkeen van julle.