×
000

Dit was groot pret toe ons jaarlikse interkoshuis krieket aan die begin van die kwartaal plaas gevind het.
Die krieketuitslae was as volg:

Seuns
1ste – Noordsig
2de – Stalshuis
3de – Dorp

Dogters
1ste – Dorp
2de – Bergsig

Die onderwysers het nie teruggehou nie en ‘n opwindende nuwe tradisie het die lig gesien. Die manspersoneel van ons vier koshuise het aan die eerste interkoshuis krieket deelgeneem. Die spanne was die Dark Horses (Dorp), die Noordsig Knight Riders, die Stalshuis Stallions en die Drostdy Daredevils.
Baie geluk aan die manne van Drostdy Koshuis wat as wenners uit die stryd getree het.