×
000

Aan die einde van 2020 het ‘n video van die choreograaf, Sadeck, “Murmuration Project 64”, die internet behoorlik aan die gons gehad. Dit het die Skeppende Kunste departement se oog gevang en ons het besluit dat ons hiérdie uitdaging moet aanvaar. Met ‘n rekordgetal graad 8’s (238!) het ons die projek aangepak.

Baie dankie aan een van ons oudleerders, Migal Cronjé, wat Sadeck se choreografie aangepas het sodat dit ons enorme groep sou pas. Die graad 8’s het onder leiding van hul dramajufrrou, mev. Mentz, weggespring en na baie harde werk en oefening kon ons Vrydag die eindproduk op die planke bring. Baie dankie aan elkeen wat ‘n aandeel hieraan gehad het.

Volg die skakel om die video te sien: https://www.facebook.com/beleefhtsdrostdy/videos/207152180873467

Krediet:
Sadeck vir die inspirasie deur die Murmuration Project.
Volg hom gerus op Instagram, Facebook en YouTube en kyk na die oorspronklike video by https://youtu.be/N9IxogvCvxo.
Aanpassing van bewegings: Migal Cronjé
Videografie: Mnr. Compton en mnr. Booysen
Afrigting: Mev. Mentz

Deel asb hierdie video met almal en spog saam met ons fantastiese groep graad 8’s! Drostdy is beslis ‘n belewenis!