×
000
Op Maandag, 18 Oktober het ons ons nuwe netbalbaan ingehuldig. Die baan is agter die hoofpawiljoen langs die astro geleë. Die geleentheid is geopen met ‘n wedstryd tussen Drostdy se personeel en ‘n matriekmeisiespan waarin die matrieks geseëvier het. Daarna is die lint geknip en die baan amptelik deur die SBL en Donkie Republiek geopen.
Die eerste amptelike wedstryd was ‘n wedstryd tussen Drostdy se eerste netbalspan van 2021 en voormalige eerste span spelers van Drostdy (2008 – 2020). In dié wedstryd het die huidige eerste span hul staal gewys en as wenners van die baan gestap.
Drostdy Netbal wil graag die Donkie Republiek bedank wat die baan vir ons ‘n realiteit gemaak het. Baie dankie vir al julle ondersteuning en vir dit wat julle terugploeg in die skool.