Een van ons matriekleerders van 2021, SW Venter, het vroeër die week op Onrus in ‘n sandbank vasgeduik en baie seergekry. Hy het ‘n barsfraktuur van sy C6-werwel en daar is skade aan sy spinale koord met die gevolg dat hy van sy middellyf af verlam is.
Ons vra asb dat julle in jul gebede vir SW en sy familie sal intree. Enigiemand wat graag op hoogte wil bly van sy vordering, kan die Facebook-blad “Bid vir SW” gaan volg.