×
000

Ons eerstespan se wedstryd teen Hoërskool Monument tydens sy Eeufees-toernooi word op Saterdag, 24 April regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai.

DigiTV het besluit om Monnas by te staan deur hulle te help met ‘n fondsinsameling omdat daar geen toeskouers by die fees toegelaat word nie. Daarom is daar ‘n koste daaraan verbonde om die wedstryd regstreeks te kyk.

Die koste is R50 per dag en ‘n kaartjie om na al drie dae se wedstryde tydens die fees te kyk, beloop slegs R100. Die geld wat ingesamel word via dié kaartjieverkope sal help om Monnas se onkostes tydens die fees te dek.

Koop jou kaartjies deur DigiTv se website te besoek of deur die volgende skakel te volg: https://itickets.co.za/events/453318.Kaartjie verkope sal om 17:00 op Donderdag, 22 April open.