×
000

Ons eersterugbyspan het vroeër vandag na Krugersdorp vertrek waar hulle aan Hoërskool Monument (Monnas) se Eeufees-toernooi gaan deelneem. Hulle kom te staan teen die gasheerskool op Saterdag, 24 April en teen Hoërskool Ben Vorster op Maandag, 26 April. Ons wens die span en hul afrigters alle sterkte toe – hierdie is ons eerste amptelike wedstryde in meer as ‘n jaar. Die wedstryde tydens die toernooi kan regstreeks op DigiTV.co.za gekyk word.