×
000
Die tweede groep graad 12-gasvryheidstudieleerders kan ook nou ‘n sug van verligting slaak – die eerste deel van hulle eksamen is verby. Hulle het Donderdagaand hul praktiese assessering gehad in die vorm van ‘n driegangmaaltyd wat voorberei en bedien is. Die tema was Trots Suid-Afrikaans en hulle het hulself oortref.
Baie dankie aan mnr. Steijn, van die personeel, lede van die Beheerliggaam en ouers wat die geleentheid bygewoon het.
Baie dankie vir al julle harde werk! Dankie ook aan Feedem wat vir hulle pragtige nuwe voorskote geborg het.