×
000

Ons eerste dogters tennisspan het op Vrydag, 12 Februarie wedstryde teen Charlie Hofmeyr en Dirkie Uys gespeel. Die wedstryde het op Moorreesburg plaasgevind. Ons wen Charlie Hofmeyr 38 – 7 en wen Dirkie Uys 32 – 13. Ons is besonder trots op die dogters se mooi prestasie na die lang inperking.

Foto v.l.n.r.: Cara Smith, Carla Botha, Linmarie le Roux, Mienke le Roux, Mieke Kruger en Mia Gunter