×
000

Vandag, 12 Februarie, vier ons ons geliefde Drostdy se 119de verjaardag! Die afelope week het die leerders reeds op verskeie maniere die skool se stigting in 1903 gevier.

Hierdie hommeltuig-foto is Woensdag geneem terwyl die hele skool op die pawiljoen bymekaar was. Ons is besonder bevoorreg om deel te wees van so ‘n gevestigde instansie wat reeds vir 119 jaar lank gebalanseerde jong volwassenes die wêreld instuur.

Mag Drostdy sy droom verder vervul en werklik die beste skool VIR die land wees.