×
000
Drostdy se splinternuwe fondsinsamelingsprojek is hier en almal gaan daarby baat vind. Met Erfenisdag – ook bekend as Braaidag – net om die draai, verkoop ons van Donderdag, 10 September af rooi gekleurde blitz by die skool. Elke pakkie blitz bevat 12 blokke en is beskikbaar teen ‘n winskoopprys van R20 per pakkie.
Dit is beskikbaar by die skool. Indien jy ‘n ouer is wat D6 het, kan jy dit daarop betaal onder die projek “Rooi Blitz – Drostdy vat vlam”. Leerders kan dit ook kontant by die skool kom koop – elke eerste pouse in die Bemarkingskantoor. Vir ondersteuners van buite sal dit by die hek beskikbaar wees. Ons sal dit binnekort ook op sommige winkels se rakke hê.
In Suid-Afrika is daar een ding waaroor ons almal kan saamstem en dis die lekkerte van ‘n vleisie op die kole. Koop sommer in grootmaat, dan sal jy altyd voorbereid wees. Hou ook die blad dop vir ‘n heerlike kompetisie waar een gelukkige wenner ‘n vleis-geskenkpak van Chrisma Slaghuis vir Braaidag kan wen.
Ondersteun Drostdy en deel hierdie post met almal! En stuur sommer môre al ‘n geldjie saam skool toe.