HTS Drostdy se bestuur wil graag vir NTT Volkswagen en hul handelaarshoof, DP Spangenberg, bedank vir die borg van ‘n spoggerige nuwe Polo Vivo. Die motor sal gebruik word vir sport byeenkomste, bemarking en werwing. Ons is baie trots op die vennootskap en glo dat die motor vir baie avonture en veilige kilometers sal sorg.
Wees op die uitkyk vir die mooi gemerkte motor wat definitief nie gemis kan word nie!