Ons wil uit ons harte uit vir NTT-Volkswagen Worcester bedank wat weer die jaar vir ons ‘n kar borg. Dié kar gaan meestal deur ons nuwe bemarker, me. Mangiagalli, gebruik word vir laerskoolbesoeke en sal ook tussen sportbyeenkomste rondrits. Baie dankie aan mnre. DP Spanenberg en Paul Möller wat laasweek die kar aan me. Mangiagalli en mnr. Steijn kom oorhandig het. Ons is trots op ons verbintenis met julle.