×
000

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat Drostdy se o.19 A-netbalspan uitgenooi is om in Augustus aan die Wildeklawer-toernooi in Kimberley te gaan deelneem. Dit is die eerste keer dat hierdie eer ons netbalspan te beurt val wat dui op die pragtige ontwikkeling wat die afgelope paar jaar by Drostdy in dié sport plaasgevind het. Baie dankie aan elke afrigter, speler, spanbestuurder en ouer wat saam met ons na uitnemendheid streef. Ons bars vanaand van trots.