×
000
Die Donkies het vandag tydens ‘n diens afskeid geneem van Aidan Rossouw (graad 10).
Baie dankie aan Aidan se familie wat saam met ons die geleentheid kom bywoon het.
Dit was veral spesiaal om Aidan se oupa, ‘n oud-Donkie, terug te verwelkom.
Dankie aan mnre. Botha, Preuss en Steijn en lede van die beheerliggaam vir hul reëlings en gepaste boodskap van vertroosting.
Aidan se plek is leeg, maar ons sal dit vul met al ons mooi herinneringe aan hom en daarmee sy nalatenskap laat voortleef.