×
000
Ons as skool wil graag ons deel doen om ons koolstofvoetspoor bietjie ligter te maak, so ons stel graag ons nuwe klub bekend: Drostdy Eko-lusie 🌍 Ons projekte sal altyd streef daarna om volhoubaar te wees. Die eerste projek wat ons loods, behels die insameling van plastiekdoppies en “bread tags” wat in samewerking met die Sweethearts Foundation herwin word om rolstoele vir mense in nood te skenk.
Binne-in alle doppies staan ‘n herwinningsnommer – vir hierdie projek is #2 en #5 aanvaarbaar (basies die doppies van enigiets wat jy kan drink). Spoel asb die doppies uit en stuur dit skool toe. Hier is houers in die skool neergesit waarin die doppies en “bread tags” gegooi kan word.
Ons sal graag wil hê dat dit ‘n kopskuif moet veroorsaak en dat almal van nou af tot daar die dag nie meer plastiek vervaardig word nie hulle doppies en “bread tags” sal hou en skool toe stuur. Sodoende help ons die omgewing deur plastiek te herwin en die gemeenskap wat in nood verkeer.