×
000
Daar was op 6 April ‘n pragtige berig oor ons goue meisie, Chenique Sas (graad 12), in Die Burger. Nadat sy reeds by die SA Skole-atletiekbyeenkoms ‘n goue medalje verwerf het, het sy die vakansie by die ASA-byeenkoms nóg ‘n goue medalje op haar kerfstok bygevoeg – ook in die 3000 m hindernis. Ons is baie trots op Chenique met hierdie uitsonderlike prestasie en wens ook haar afrigter by Fit2Run, mnr. Norman Ontong, baie geluk en bedank hom graag vir die moeite en tyd wat hy en die organisasie vir hul atlete opoffer.
Netwerk24-intekenaars kan die volledige berig by die volgende skakel lees: