×
000

Twee van ons krieketspelers is gekies vir twee onderskeie Boland-krieketspanne. Helena du Toit (gr.12) is gekies vir die Boland o.19-dogterspan en Gerhard Burger (gr. 11) vir die Boland o.17-plattelandspan. Dit is Helena se tweede jaar in dié span en sy is ook vroeër by ons matriekprysuitdeling aangewys as die krieketspeler van die jaar. Beide gaan in die komende Desember-vakansie aan Krieket Suid-Afrika se nasionale weke deelneem.

Ons is baie trots op hierdie leerders wat ons skool en ook die provinsie gaan verteenwoordig.