×
000

HTS Drostdy is bevoorreg om een van die beste sprekers en leierontwikkelaars in die land in ons geledere te hê. Loer gerus na sy CV hieronder.

Indien enigiemand ‘n behoefte het om Mnr. Manie Botha te bespreek vir ’n geleentheid, is u welkom om die skool te skakel by (023) 3422320 of u kan vir Manie Botha direk kontak by 083 254 7711.

MANIE BOTHA
Direkteur: Leierskapsontwikkeling HTS Drostdy

Manie Botha is een van ons land se top jeugleierskapspesialiste wat deurlopend in ons Drostdy skoolgemeenskap, plase en besighede inbou. Hy is ‘n innoverende leier wat diegene wat saam met hom werk, kan inspireer met sy “out-of-the-box” idees en sy passievolle visie. Sy passie vir die lewe en sy grenslose energie maak hom ‘n verfrissende toevoeging tot opvoeders en ‘n waardevolle bate met ‘n aansteeklike, optimistiese lewensuitkyk. Saam ondersteun deur organisasies soos onder andere die ATKV, FEDSAS om net ‘n paar te noem, maak Manie nie net in die Breedevallei impak nie, maar op groter skaal ook nasionaal. Sy basis is hier in die mooie Worcester by Drostdy vanwaar hy die visie deel om Drostdy nie net die beste skool in die land te maak nie ,maar die beste skool vir die land.

Motiveringspreker /Outeur / Fasiliteerder / Lewensafrigter / Pastorale berader/ TV Prediker / Jeug-spesialis / Reisiger / Leierskapspesialis / Onderwyser / Internasionale Spreker