×
000

Met die oog op die komende aanlyn Beheerliggaamverkiesing, wil ons graag u as ouers se aandag op die volgende vestig:  Daar is 8 ouerkandidate en slegs 7 vakatures.  In die aangehegte dokument is ‘n opsomming van al 8 kandidate se profielinligting, asook hul foto’s.  Lees asseblief al die kandidate se inligting, alvorens u ‘n keuse maak op Woensdag, 24 Maart 2021.

Ons gaan hierdie jaar ons Beheerliggaamverkiesing aanlyn doen op 24 Maart 2021, vanaf 08:00-18:00.

U sal op Woensdag, 24 Maart ‘n boodskap ontvang per SMS en/of e-pos met ‘n gebruikersnaam en wagwoord. Hierdie kodes is uniek, en word aan u ID nommer gekoppel. Moet dit asseblief nie aanstuur of deel nie.

U kan op enige rekenaar of selfoon op die internet gaan na VotingCrowd.co.za, of die toepassing op u selfoon aflaai, om te stem. Indien u nie toegang het tot internet nie, kan u die skool besoek tussen 08:00 en 18:00 en by die skoolsaal stem.

Hieronder is skakels na die video’s om ook te help.

 

Beheeerliggaamverkiesing