Die sonebyeenkoms in Worcester het die naweek van 4 Februarie plaasgevind.
Daar het die Donkies omtrent skoonskip gemaak en kom terug met 45 goue, 16 silwer en 14 brons medaljes.
Na afloop van die sonebyeenkoms is 59 van ons atlete genooi om die komende naweek aan die Noord-Boland byeenkoms deel te neem. Ons wens julle alles van die beste toe.