Op 11 Mei was ons matrieks heerlik bederf vir hulle jaarlikse matriekdag. Hulle het met die ikoniese rooi busse van Kaapstad tot in Houtbaai gery en die bekende vis-en-chips geniet. Hulle kon lekker met oorfone luister na al die interessante feite langs die roete.
Baie dankie aan al die registeronderwysers wat die groep vergesel het. Dit was beslis ‘n belewenis!