×
000
Die 16 dae tussen 25 November en 10 Desember word reg oor die wêreld gebruik om die samelewing se aandag te vestig op die tragedie van geslagsgebaseerde geweld teen vroue en kinders. As opvoedkundige instelling wil ons graag onderneem om ons leerders te bemagtig om die erns hiervan te verstaan en om jong volwassenes die grootmenswêreld in te stuur wat die bose siklus sal breek.
Ons plaas ons skoolwapen in swart en wit as bewusmakingsimbool en ons dink in ons gebede aan al die vroue en kinders wat hierdeur geraak word.