×
000

Interkoshuis Redenaars

Tydens Februarie van elke jaar vind die interkoshuis Redenaarskompetisie plaas. Die formaat van die kompetisie is ‘n onvoorbereide toespraak waar die deelnemer die onderwerp plus ‘n paar bronne ontvang en dan ongeveer ‘n uur het om sy/haar eie toespraak te skryf. Dit is volgens die ATKV riglyne.
Vanjaar was daar 15 sprekers in die junior afdeling en 17 sprekers in die senior afdeling.

Juniors

Eerste: Hermanus Steijn (Dorp)
Tweede: Danel Visagie (Bergsig)
Derde: Lynmarie le Roux (Bergsig)

Seniors

Eerste: Antoinette Steijn (Bergsig)
Tweede: Marizaan Brink (Bergsig)
Derde: Ané Brink (Dorp)

ATKV-Redenaars

Drostdy neem ook jaarliks deel aan die ATKV-Redenaarskompetisie wat ‘n landswye kompetisie is.

Radikale Redenaars en Leesfees

Die skool neem verder jaarliks aan die Radikale Redenaars en Leesfees deel.
Dit is ook ‘n nasionale kompetisie en die skool het in 2016 ‘n nasionale wenner en in 2017 ‘n derde plek op nasionale vlak gehad.

Op 4 Mei 2018 neem 24 leerders deel aan die eerste rondte van die Radikale redenaars en Leesfees 2018 hier by die skool.
Ons is baie trots op 21 van dié leerders wat deurgedring het na die Wes-Kaapse finaal wat op 25 Augustus 2018 te Hoërskool Stellenberg plaasgevind het.

Die volgende leerders was deur na die Nasionale finaal in Pretoria in Oktober 2018.
Sujana Brink (Graad 8)
Maretha Geldenhuys (Graad 8)
Francois Marais (Graad 9)
Hermanus Steijn (Graad 9)
Elizé Lottering (Graad 10)
Mariné Brink (Graad 10)
Anjé Ungerer (Graad 11)
Marizaan Brink (Graad 12)
Madré Jacobs (Graad 12)
Klara Naudé (Graad 12)
Lisa van Deventer (Graad 12)

Redenaars

Organiseerder
Elmi Burger
elmiburger@htsdrostdy.co.za

Fokusarea/s
Neem deel aan Radikale,
ATKV enOppi-tong-afredenaars

Oefentye
Maandae tot Donderdae:
14:00 – 14:45