
HTS Drostdy spog elke jaar met ongelooflike goeie uitslae op alle gebiede. By HTS Drostdy word daar verskeie geleenthede geskep waar leerders hul sport- en dramatalente kan ontwikkel.
Leerders word blootgestel aan verskeie geleenthede waar hulle kan leer toneelspeel, gedigte opsê, monoloë opvoer en self hul eie dramastukke skryf. Ons neem elke jaar deel aan afsonderlik die Tygerberg- en Worcester Eisteddfod en ons leerders presteer uitsonderlik goed.
Ons leerders word afgerig deur onderwysers van die skool onder leiding van
mev. Tarien de Wet. Daar word ook elke tweede jaar ‘n toneel op die planke gebring wat opgevoer word by ons jaarlikse Kultuuraand.
Hier by HTS Drostdy leer leerders om hulle talente te ontwikkel. Donkies kan nie net rugby, hokkie en netbal speel nie, ons kan “act” ook.
Afdelings
Toneelgroep
Organiseerder
Elaine Marais
082 822 2771
bemarker@htsdrostdy.co.za
Fokusarea/s
Dramaproduksie elke tweede jaar
Oefentye
Soos bepaal deur organiseerder
Drama
Organiseerder
Tarien de Wet
tariendewet@htsdrostdy.co.za
Fokusarea/s
Eisteddfod:
Worcester & Tygerberg
Oefentye
Maandae tot Donderdae:
14:00 – 14:45