
VERBLYF IN NOORDSIG SE GASTEKAMERS
HTS Drostdy se gastekamers is pragtig, skoon en gerieflik toegerus. Ons kan tans ‘n totaal van 17 gaste huisves. Alle beddegoed word voorsien, maar u moet asseblief u eie handdoeke saambring.
Ontbyt kan teen R35 p.p. bespreek word in Noordsig se eetsaal waar u ook die ontbyt nuttig om ongeveer 08:00. Ongelukkig is daar geen ontbyte beskikbaar tydens skoolvakansies of tuisnaweke nie.
Tariewe per kamer, per nag:
Kamer vir 2 – R450.00
Kamer vir 3 – R550.00
Kamer vir 4 – R650.00
LET WEL: Ons vra ‘n nie-terugbetaalbare administrasiefooi van R50.00 per kamerbespreking.
Persone in diens van HTS Drostdy se ouers en skoonouers kry 50% korting en enige ander familie van personeel kry 20% korting op verblyf.
Vir enige navrae of besprekings kontak Me. Rachelle Swiegers by hoof@htsdrostdy.co.za
Klik hier om die kamer uitleg te besigtig.
