×
000

Drostdy vat vlam – rooi blitz te koop!

Drostdy se splinternuwe fondsinsamelingsprojek is hier en almal gaan daarby baat vind. Ons verkoop rooi gekleurde blitz en elke pakkie blitz bevat 12 blokke en is beskikbaar teen ‘n winskoopprys van R20 per pakkie.

Dit is beskikbaar aanlyn https://htsdrostdy.alumnet.co.za/Shop?id=9 en by die skool. Indien jy ‘n ouer is wat D6 het, kan jy dit daarop betaal onder die projek “Rooi Blitz – Drostdy vat vlam”. Leerders kan dit ook kontant by die skool kom koop – elke eerste pouse in die Bemarkingskantoor. Vir ondersteuners van buite sal dit by die hek beskikbaar wees.

In Suid-Afrika is daar een ding waaroor ons almal kan saamstem en dis die lekkerte van ‘n vleisie op die kole. Koop sommer in grootmaat, dan sal jy altyd voorbereid wees.

Ondersteun Drostdy en deel hierdie inligting met almal!