×
000
GIMNASIUM

‘n Oefengimnasium met die nodige toerusting is tot die leerders se beskikking. Opgradering van die gerief is tans in volle swang – die oppervlak is vergroot en verskeie oefenapparate geïnstalleer. Leerders betaal kwartaalliks ‘n minimale lidmaatskapfooi.

SWEMBAD

‘n Vyf-en-twintig-meter-swembad, verkleegeriewe en spreiligte maak die swembad een van die gewildste areas gedurende die somermaande.

RUGBYVELDE

Vyf rugbyvelde — waarvan Trappespark oor goeie spreiligte en ‘n pawiljoen beskik, asook twee klubhuise waarvan een ook aantrekgeriewe en twee snoepwinkels het.  Hier word gereeld toernooie aangebied. Die eerste rugbyspan het hul eie aantrekkamer met storte.

ATLETIEKBAAN

‘n Atletiekbaan met grasoppervlak rondom Trappespark.  Hier word leerders in die somer die kans gebied om aan die Interkoshuis Atletiekbyeenkoms deel te neem.  Die Aflosbyeenkoms tussen verskeie skole word ook baie goed ondersteun.

HOKKIE-ASTROBAAN

Drostdy beskik oor ‘n International Hockey Federation gesertifiseerde Astro, waar nasionale spanne kan meeding, asook ‘n topgehalte grasbaan.

KRIEKETVELDE

Daar kan twee krieketwedstrydetergelykertyd op Drostdy se gronde gelykertyd plaasvind.  Daar is ‘n krieketklubhuis wat geleë is onder die paviljoen.  Kolwers kry ook tydens oefening geleentheid om in een van die vier krieketnette die aanslag van boulers af te weer.  Kolwers kry ook oefening met die onderdak-boulmasjienfasiliteit wat vir hulle gebied word.

TENNISBANE / NETBALBANE

Ses tennisbane (met ‘n oefenmuur), wat ook vyf netbalbane insluit en sy eie klubhuis het.  Die bane is in 2020 oorgedoen.

SKYFSKIET

‘n Lokaal waar skyfskiet beoefen word.

PAWILJOEN

‘n Onderdak pawiljoen bied sitplek vir 1000 toeskouers en kyk uit oor Trappespark waar rugby, atletiek en krieket beoefen word.

NOODHULPKAMER

‘n Noodhulpkamer onder die paviljoen wat deur ons eie opgeleide noodpersoneel beman word — met ‘n gholfkarretjie as “ambulans” tydens byeenkomste.

TOUTREK

‘n Toutrekbaan met permanente oefenkonstruksies is opgerig.  Die Oppi-Tou stoorkamer is opgerig ter ere van Oom Oppies, Hercules Opperman, wat een van die stigters was van toutrek by HTS Drostdy.

STOEI

‘n Lokaal waar stoei beoefen word.

PYNTUIN

Die pyntuin waar verskeie natuurlike fiksheidsoefeninge gedoen kan word.